

KOTIE SE PONS
Beproef deur baie in familie vir jare en jare.
3 kg blik gemengde vrugte
2 vars pynappels geskil en fyn gekap (moet vars pynappels wees)
1 liter cane
1 liter vodka
1 kg blik granadillamoes
2 liter sodawater
3 liter gemmerlim
500 ml sterk rooibostee
750 ml suurlemoensap
Neem ‘n 20 liter verseëlbare emmer en sny die vrugte effens kleiner.
Voeg die koeldranke, alkohol en rooibos tee by.
Verseël die emmer en laat staan vir 3 dae.
Voeg dan die sodawater en gemmerlim by.
Bedien saam met ys.
Resep deur Kotie van Zyl






