

WENNER SPONSKOEK
Om koek te bak is lekker. Vandag deel ek met jou ‘n lekker gewone sponskoek resep en die outjie kan jy versier nes jy verkies!
Ek gebruik een-en-drie-kwart koppies meel en vul dit aan tot twee koppies met kakao.
Sif saam:
2 koppies meel
4 teelepels bakpoeier
knippie sout
Kook saam:
½ koppie kookolie
½ koppie melk
½ koppie water
Laat afkoel.
Klits saam baie goed:
4 eiers en
1 ½ koppie suiker
Vou meelmengsel by eiermengsel. Voeg gekookte melkmengsel bietjie-bietjie op ‘n slag by en klop goed.
Mengsel genoeg vir twee panne. Bak 35 minute of tot koeke gaar is by 180 °C.
Hierdie koek vries baie goed.
GENIET!
Resep en fotos: Lenore Combrink.
One thought on “WENNER SPONSKOEK”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.







geskuif