ROMERIGE EENPOTHOENDER
Ek deel graag die resep. Romerige eenpothoender, rys en groente. Maklik, vinnig en min skottelgoed (net reg vir ‘n Maandagaand, die eerste aand van die week).
½ klein prei, gewas en gesny
2 hoenderborsies, in blokkies gesny
3 wortels, gewas en in blokkies gesny
1½ koppies rou rys
1 liter kookwater
2 hoenderekstrakblokkies, gekrummel
1 teelepel droë tiemie
1 teelepel vars gemaalde peper
½ teelepel fyn witpeper
¾ koppie bevrore ertjies
¾ koppie bevrore mieliepitte/blikkie gedreineer
100 ml room
2 eetlepels suurroom
sout/peper/aromat na smaak
1 koppie kaas, gerasper
Braai hoender in olie tot ligbruin. Voeg preie by en braai nog 3-4 minute.
Voeg wortels, rys, kookwater, hoenderekstrakblokkies en geurmiddels by.
Prut tot rys gaar is en ongeveer al die vloeistof ge-absorbeer is.
Roer gevriesde groente, room, sout, peper, aromat en suurroom by, prut nog 2 – 3 minute en gooi kaas oor.
Bak by 140 °C in die oond totdat kaas gesmelt is.
Bedien net soos jy wil!
4 – 6 porsies (afhangend hoe honger die mense is)
Resep en foto: Ilze Garbers Jacobs