

VARS APPELKOEK TERT
(Hierdie appeltert/koek word gemaak met vars appels en nie geblikte appels nie)
1 koppie olie
2 koppies suiker
3 eiers
3 koppies meel
1 teelepel koeksoda
2 teelepel vanielje-ekstrak
1 koppie gekapte pekanneute
3 koppies vars geskil en gekapte appels
Verhit die oond tot 180ºC.
Smeer ‘n 9 x 13 pan.
Meng olie, suiker en eiers.
Roer meel en koeksoda by.
Voeg vanielje, pekanneute en appels by.
Smeer in voorbereide pan en bak vir 45 – 50 minute.
Laat afkoel vir 2 ure.
Versiersel:
½ koppie botter
1 koppie bruinsuiker (donker verpakte bruinsuiker)
¼ koppie ingedampte melk (ideal melk)
½ teelepel vanielje
Kook al die bestanddele in ‘n klein kastrol vir 2 minute.
Sit bak in bak gevul met yswater.
Klits versiersuiker by tot dit die regte tekstuur is om oor die koek te kan smeer.
Smeer oor koek en geniet!
Resep: Connie Brumley Sutton
Resep geplaas deur Morne Kriel






