PAMPOENTERT MET ROOM
3 koppies gaar fyn pampoen/butternut
1 koppie koekmeel
1 koppie suiker
1 koppie melk
1 koppie room
1 teelepel sout
1 teelepel bakpoeier
2 eiers
160 g botter (gesmelt)
Klits melk, eiers en suiker goed saam.
Meng meel, sout, bakpoeier en botter met pampoen.
Voeg eier mengsel by en meng room in.
Bak vir 45 minute teen 180°C
Resep: Lorraine Lolla Fourie
Foto en nota: Heleen Brümmer Nel
Ek maak glad nie die bak toe in die oond nie.
Ek het die pampoen tert in ‘n glasbak gebak, ‘n ronde KOEKIE drukker gevat en vorm in TERT gedruk en uitgelig met lepel, kan ook eierspaan gebruik.
Jy kan dit ook in ‘n muffin pannetjie bak.
Geskuif