GROOTMAAT HERTZOGGIES
(Maak 8 dosyn doppies)
4 koppies meelblom
250 g margarien
1 koppie suiker
3 teelepels gelyk bakpoeier
1 eetlepel vlapoeier
2 eiers
1 teelepel sout
Room suiker, botter en eiers.
Meng die droë bestanddele met jou hande in die bottermengsel.
Plaas in plastieksak om klam te bly.
Klappervulsel:
7 koppies klapper
125 g margarien
2 teelepels vanilla
2 koppie suiker
8 groot eiers
knippie sout
Room botter en suiker.
Voeg eiers, vanilla en sout by en laaste die klapper.
Gebruik bogenoemde soetkors, en rol uit tussen 2 lae plastiek.
Gebruik middelslag afdrukkertjie 6 cm om die deeg mee af te druk.
Plaas in gesmeerde kolwyntjiepanne.
Sit ‘n half teelepel appelkooskonfyt in holte van deeg.
Sit klappervulsel bo oor, maak seker konfyt is oral bedek.
Bak teen 180°C totdat deeg ligbruin is en die klapper ‘n mooi kleur het.
Foto: Cornelia van der Wetshuizen