TANDOORI HOENDER MET GROENTE
Aandete. My eie resep vir tandoori hoender, Indiese slaai met ‘n jogurt, koljander, gemengde kruie en suurlemoensap slaaisous en oondgeroosterde groente met paprika en knoffel olie.
Hoender:
2 heel hoenders, in porsies gesny
Marinade:
Een pakkie tandoori hoenderspeserye (kry by OK onder die Malayse speserye)
1 liter wit jogurt
2 suurlemoene se skil, gerasper
2 suurlemoene se sap
1 pakkie vars dhania (coriander)
sout en swart peper na smaak
2 teelepels rooi peper
2 eetlepels van die volgende speserye:
koljanderpoeier, gemengde kruie, komyn en paprika
bietjie olie
Meng al die speserye bo met jogurt en laat staan hoender vir so 2 ure in die marinade. Pak hoenderstukke in oondbak en bedek met die marinade en bak teen 180°C tot hoender sag en gaar is en marinade ‘n lekker dik kors laag maak.
Groente:
4 mielies, gesny
1 pakkie Brusselse spruite
1 pakkie sampioene
uie, growwe stukke gesny
gemengde pepers
1 koppie olie met een eetlepel paprika en 2 lepels vars knoffel
Slaai:
Blaarslaai, rooi uie, rooi, groen en geel pepers, klein tamaties, komkommer, groen olywe en feta.
Jogurt Slaaisous:
1 koppie wit jogurt
baie growwe swart peper
sout na smaak
skil en sap van 1 suurlemoen
vars korriander opgekap in slaai, stingels en al en vars gekapde korriander vir slaai sous ook en 1 teelepel droë gemengde kruie.
Meng growwe slaai en bedien met jogurt slaaisous.
Resep en foto: Tanya Erasmus