

“LADY OF THE MANOR” NAGEREG
Daar is ‘n groot verskeidenheid nageregte met ‘n sjokolade sous. Ek het die resep jare gelede by ‘n onderwyser gekry. Die speserye in hierdie nagereg maak dit besonders. Volgens hom is dit LADY OF THE MANOR nagereg.
Gooi in ‘n leë vrugtefles:
1 koppie suiker
3 eetlepels kakao
1 teelepel gemmer
1 teelepel kaneel
1 teelepel neutmuskaat
Sit deksel op en skud goed om te meng. Hou hierdie suiker mengsel eenkant.
Meng saam in ‘n mengbak:
1 koppie koekmeel
2 teelepels bakpoeier
knippie sout
½ koppie suiker
Neem 3 eetlepels sagte botter en frummel in meelmengsel tot dit soos putu-pap lyk. Gooi nou 1 koppie koue melk by meelmengsel en roer met ‘n vurk. Skep in oonvaste bak. Neem nou die suiker en speserymengsel wat tot nou toe in vrugtefles is en strooi oor meelmengsel. Gooi 2 koppies kookwater laaste stadig oor. Bak 1 uur by 180°C.
Resep geplaas deur Frans van Rensburg
Foto: Frans van Rensburg







geskuif