

2 BESTANDDELE NAAN
2 koppies bruismeel, gesif
1.5 koppies gewone jogurt (Greek)
Meng saam tot bal vorm wat nie kleef nie (ek het nog meel bygesit).
Sny bal in 4 en rol elke deel ovaal en dun uit. Braai in warm droë (sonder olie) pan.
Sodra uit pan, smeer met gesmelte knoffel botter.
Heerlike saam met kerries in enige vorm, groente, lensies, vleis ens. Myne was te dik, al het ek hoe dun uitgerol – maar steeds heerlik en sag.
Resep en foto: Carmari Fourie Strobos







Oorgedra na nuwe blog. Woensdag, 25 September 2019.