


CREMORATERT MET KOUE WATER
500 g Cremora
250 ml yskas water
200 ml suurlemoensap
1 blikkie kondensmelk
1 pak Tennisbeskuitjies
groot bak
Meng Cremora met die yskas water.
Voeg die suurlemoensap by en meng deur.
Voeg die kondensmelk by en meng goed. Pak groot bak met Tennisbeskuitjies.
Skep die mengsel oor die koekies en sit in yskas, versier met gebreekte koekies.
Resep en foto: Meisie van der Colff.
Tweede foto: Anna Venter

Foto: Jane Lerm – My cremoratert wat ek gemaak het vir môre. Ek het net Peppermint sjokolade bo op gesit inplaas van die koekies. Ek meng ook eers die kondensmelk by die cremora en voeg dan die suurlemoensap stadig by terwyl ek heeltyd meng.







Jane Lem : My cremora tert wat ek gemaak het vir môre. Ek het net Peppermint sjokolade bo op gesit inp plaas van die koekies.