

LASAGNE MET OEMF
2 uie
1 geel pepper gekerf
500 g maalvleis
1 gerasperde wortel
1 fyn gekapte seldery stingel
Tamatie en basilsous van Ina Paarman (600 g)
Braai uie, pepper, maalvleis, wortel en seldery stingel tot mooi gaar, voeg bietjie sout en peper by.
Gooi nou ‘n pak van Tannie Ina Paarman’s se tamatie en basil sous by (kyk by pasta souse by jou ketting winkels)
Prut stadig vir so 15-20 minute.
Intussen maak jou witsous (ek het nie hoeveelhede nie)
Botter (so halwe koppie)
Meel (haal van plaat af, gooi by botter en roer) So driekwart koppie
Terug op die plaat en melk (ek het omtrent 750 ml gebruik)
En roer tot lekker dik maar loperig.
Smeer bodem van oondvaste bak wat met olie gespuit is eerste met witsous.
Pak lasagne bo-op
Dan maalvleis
gekapte basil
kaas (cheddar)
nog kaas (grana padano)
Herhaal
Eindig met witsous, dan cheddar, grana padano en gekapte chives.
Bak in die oond 45-50 minute, 180°C
Resep en foto: Natacha Visagie






