

PASTA MET HOENDER EN KERSIETAMATIES
350 g hoenderborsfilette, sonder die vel in blokkies gesny
50 ml Italiaanse droë vermot
10 ml vars gekapte roosmaryn
15 ml olyfolie
1 ui fyn gekap
90 g Italiaanse salami, in stukkies gesny
275 g pastastrikkies
15 ml balsamiese asyn
1 x 400 g blik Italiaanse kersie tamaties
gedroogde rissie na smaak
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Plaas die hoender in ‘n groot bak, skink die vermot oor en strooi die roosmaryn oor. Geur met sout en peper na smaak. Roer goed deur en hou eenkant.
Verhit die olie in ‘n groot braaipan of kastrol en roerbraai die ui en salami oor matige hitte vir omtrent 5 minute.
Kook die pasta volgens die instruksies op die verpakking.
Voeg die hoender en vermot by die ui en salami, verhoog die hitte en braai 3 minute, of tot die hoenderstukkies oraloor wit geword het. Sprinkel die asyn oor.
Voeg die kersie tamaties en rissies by, roer goed en prut ‘n paar minute. Proe die sous en geur na smaak indien nodig.
Dreineer die paste en voeg by die hoendermengsel.
Foto: Elna Erasmus







Geskuif