

TINKIE TERT
1 boksie Rokkies (6×45 g) vanilla geur of Tinkies
250 ml room
1 blik karamel kondensmelk
1 grondboontjie stafie
Sny koekies in wieletjies en pak op die bodem van ʼn groot bak.
Klits room tot amper styf. Voeg kondensmelk by en klits tot redelik styf. Skep op koekies. Breek grondboontjies bo-oor.
Nota:
Ek het die karamel geur Tinkies gebruik en Peppermint Crisp bo-oor gerasper. Jy kan selfs die aarbeie geur Tinkie gebruik saam met die aarbei geur kondensmelk.
Mens kan peanut brittle lekkergoed gebruik of enige sjokolade of neute waarvan julle hou, Ja jy kan enige iets gebruik waarvan jy hou. Ek het die room net verdubbel na 500 ml om die tert ʼn bietjie te rek, dis dan ook nie so soet nie. Orley Whipp kan ook in die plek van room gebruik word.
Foto: Hannetjie Langenhoven






