

BANNOFFEE TERT MET ‘N TWIST
Kors
Smelt 125 g margarien en voeg 1 pak marshmallows by. Roer tot alles gemeng en gesmelt is. Voeg dan ongeveer 4 koppies Rice Crispies by tot ditnie meer so taai is nie en gemaklik kan deursny.
Voer dan jou bak uit met die Rice Crispie mengsel tot dit vir jou dik genoeg is en maak van die orige kors net sommer blokkies of voer ‘n groot tertbord uit daarmee en maak dan die res van die bestanddele dubbel aan indien jy ‘n oondpan wil gebruik.
Smeer nou blik karamel kondensmelk oor die kors
Pak ‘n laag gesnyde piesangs so 2 tot 3 piesangs, bo op die karamel.
Klits 1 bakkie room styf en sit bo-op die piesanglaag.
Breek en strooi ‘n Flake bo-oor.
Sit in die yskas.
Nota: As jy jou oondbak groote pan gebruik, dan moet jy 2 blikkies kondensmelk, 6 piesangs, 2 bakkies room en 2 Flakes gebruik.
Resep en foto: Joyce Geers Minnaar






