

GEBOTTELDE PERSKES
Ek het bietjie perskes verwerk na daai amazing winskopie nou die dag. Geelperskes is iets wat skaars en duur is hier. Ek het nie resepte gebruik nie, net gemaak soos my ma my geleer het.
Ek het die perskes geskil en in water laat lê tot ek die laaste gedoen het. Toe vat ek daai lekker perskewater en witsuiker en maak stroop 1:1, en kook die perskehelftes vir so 10-15 minute in die res van die perskewater.
Toe sit ek dit in die strooppot en skep van daar af in warm gesteriliseerde bottels met stroop. Toe in waterbad (kokende pot) gekook vir 15 minute vir elke pot met bottels. Toe vat ek die stroop wat oor is, kook dit tot baie dik en los eenkant, en kook die konfyt perskes in suiker (750g suiker vir elke 1 kg vrugte) en WAS AF die suikerkorrels op die kante van die pot (verhoed dat dit sandsuiker word). Toe dit amper sag was, het ek die stroop wat oor was bygesit met ‘n sakkie pektien, deurgekook en gebottel in gesteriliseerde flesse.
Resep en foto: Kiti Citi






