MAKLIKE PANBROOD
Die resep is van tannie Poppie van Kokkedoor wat ek probeer het.
1 desert lepel vol botter of margarien (12.5 ml)
Brood:
1 koppie koekmeel
1 teelepel hoogvol bakpoeier
knippie sout
1 eier geklits
1 teelepel Ina Paarman “garlic and herb” speserye
1 eetlepel olie
genoeg melk om deeg mee aan te maak
Smelt die botter of margarien in ‘n pan oor lae hitte. Verwyder die pan van die hitte en plaas eenkant.
Meng al die bestanddele vir die brood in ‘n mengbak saam en voeg net genoeg melk by om ‘n deeg te vorm soos skondeeg. Nie te styf of te slap nie.
Voeg bietjie meer meel of melk by die deeg om die regte deeg te vorm.
Plaas die pan op die stoof of vuur, nie te warm, medium hitte.
Vorm die deeg in ‘n ronde vorm so groot soos die pan en plaas die deeg in die pan (soos pannekoek).
Bak die deeg in die pan aan weerskante oor baie lae hitte. Gebruik ‘n eierspaan om die deeg om te draai na 2 – 3 minute per kant.
Die panbrood neem ongeveer 5 – 7 minute om in die pan te bak tot gaar.
Keer die gaar brood uit op ‘n plank en geniet dit lou warm.
Resep getoets en foto: Karin Groenewald
One thought on “MAKLIKE PANBROOD”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.
Done