

VARK STEAK MET GEKARAMELISEERDE APPEL, DADELS, BRANDEWYN EN UIE SOUS
Gekarameliseede Appel, Dadels, Brandewyn Uie Sous
¾ appel in blokkies gesny en 12 heel dadels (marineer in ¼ koppie brandewyn vir om en by ‘n uur)
1 klein ui, in half ringe gesny en in botter gebraai tot deurskynend
2 eetlepels balsamiese asyn
3 eetlepels van die brandewyn waarin die appels en dadels geweek het
sout en peper na smaak
Voeg die appels en dadels by die gebraaide uie in ‘n kastrol saam met die res van die bestanddele en kook/braai tot ‘n dik sous vorm en die appels lekker sag is.
Bedien saam met vark steak.
Resep: Petré van Jaarsveld
Vir die vark steaks het ek die volgende resep gebruik:
https://www.foodloversrecipes.com/2019/01/pork-belly-kebabs/






