

VARK FILETTE IN INDIVIDUELE FILO PAKKIES
Vark filette in filo pakkies
600 g vark filet in 4 gesny
4 velle filo met botter geverf en bo-op mekaar gesit
speserye/kruie van keuse of net bietjie sout en peper
gesmelte botter en kwassie (ek vind ‘n silikoon kwassie maak makliker skoon)
Druk die stukkies filet in koekmeel en braai op al die kante in bietjie olie tot net begin verkleur.
Haal uit pan en laat afkoel. Sny intussen die filo in kwarte en sit bakpapier op bakplaat. Stel oond op 160°C.
Sprinkel speserye/kruie of sout/peper op elke stukkie vleis. Sit ‘n stukkie op elke filo vierkant en vou die punte na mekaar toe. Jy kan dit met kombuis tou vasbind en na gebak versigtig verwyder. Verf nog gesmelte botter op die buitekant van die filo pakkie. Sit op die bakpapier op die bakplaat en sit in oond vir 25-30 min.
Moenie dat die filo te donker bak nie. Dit moet ‘n mooi goudbruin kleur wees. Verwyder versigtig met ‘n eierspaan en bedien onmiddelik.
Foto: Elsabie Templeton






