KERRIEGROENTE EN AARTAPPEL POFFERS
2 aartappels, geskil en gerasper
½ blik kerriegroente
½ koppie bruismeel
1 ml sout
2 ml kerrie
olie vir diepbraai
Rasper aartappels grof en meng al die bestanddele.
Verhit olie, maar nie te warm nie.
Skep teelepelsvol en bak tot goudbruin.
WENK: perfekte peuselhappie
Foto: Frieda Greyling