


TUISGEMAAKTE KOEK BêREMENGSEL
3 ½ koppies koekmeel
1 teelepel bakpoeier
½ teelepel koeksoda
½ teelepel sout
1 ½ koppies suiker
½ koppie ligte bruin suiker
Meng al die bestanddele goed deur en stoor in plastiek sak vir tot 2 maande.
Dit kan gevries word vir tot 4 maande.
Om koek aan te maak.
Klits die volgende by die droë bestanddele:
1 koppie olie
2 groot eiers
2 koppies karringmelk
2 teelepels vanilla
Skep in 2 voorbereide koek panne en bak 180ºC vir 35-40 min.
Moeite werd om te bak – so lyk dit as dit gebak is hemels lekker.
Foto Roni vd Walt
Resep geplaas deur Roni Van Der Walt






