

HERDERSPASTEI VIR TWEE
500 g maalvleis
1 ui, gekap
knoffel, sout, peper, en speserye na smaak
Maak kapokaartappels na smaak
Braai al die bestanddele vir die maalvleis tot bruin en gaar. Sny ‘n groterige groenpepper middel deur en maak skoon. Skep die gebraaide maalvleis in die halwe groenpepers. Skep die kapokaartappel bo oor en maak netjies. Vorm ‘n holte in die kapokaartappel (plek vir ‘n eier). Bak teen 180 ºC vir half uur.
Maak ‘n basiese witsous, en gooi oor elkeen. Rasper “mature” cheddar kaas oor.
Bak tot amper bruin. Breek ‘n eier in elke holte en prik die eiergeel. Sit terug in oond en bak tot eier hard of sag is na jou smaak. Sit voor met vars basiliekruid.
Foto: Ansi Pypers Fourie






