

GROENKERRIE HOENDER
1 ui
3 eetlepels groen thai kerrie pasta
2 teelepels elk gekapte knoffel, gemmer en rissie
½ koppie elk gekapte pepers (rooi en geel)
2 koppies zucchinis, in stukkies gesny
4 hoender fillette, in stukkies gesny
1 blik klappermelk
4 eetlepels gemaalde swartpeper
Soteer die ui tot sag. Voeg die knoffel, gemmer en rissie by en soteer verder vir 2 minute. Voeg die groenkerriepasta by en soteer vir 2 minute. Maak seker dit brand nie.
Maak ‘n gat in die middel. Voeg hoender by. Meng goed. Braai vur 5 minute. Roer deurmekaar en braai vir nog 5 minute.
Maak ‘n gat in die middel. Voeg zucchini by en braai vir 5 minute. Roer deurmekaar en braai vir nog 5 minute.
Maak ‘n gat in die middel. Voeg dis pepers by en braai vir 5 minute. Roer deur mekaar en braai vir nog 5 minute.
Maal twee eetlepels swartpeper by. Meng deurmekaar. Braai vir 5 minute.
Voeg ‘n blik klappermelk by en laat dit prut vir 5 minute. Roer deurmekaar en laat dit verder prut vir 5 minute.
Skakel die hitte af. Maal nog 2 eetlepels swart peper by. Meng deurmekaar. Laat staan vir 5 minute.
Bedien op Basmati rys, of rotis, of pitas.
Foto: Wayne Dugmore






