

GIDEON SE ROSTI OP DIE KOLE
Ek ‘t vanaand weer na ‘n lang tyd my rooi pannetjie laat prut ons het ‘n flettie oppie kole gemaak en saam met dit ‘n lekker rosti gemaak soos Bertus baason dit doen oppie teevee dankie Bertus
Skil ‘n groterige aartappel per persoon en rasper dit.
Sprinkel ‘n bietjie sout oor om alle water te trek laat staan ‘n rukkie en druk alle vog met jou hande uit.
Maak dit ‘n plat ronde skyf in ‘n pan met ‘n eetlepel olie daarin en sprinkel gekapte tiemie daaroor.
Bak op warm kole vir omtrent 10 min en draai om deur dit te flip soos ‘n pannekoek, wees egter versigtig dit kan oppie altaar beland. ( Myne het nie )
Bak vir nog omtrent 5 min of tot lekker bruin en krakrig.
Dit was heeerlik saam met die hoender en ‘n mengelslaai.
Nota: Die hoender se rug gedeelte het natuurlik onwetend in my bord ingespring.
Resep en foto: Gideon Louw






