

GESTOLDE FYN PIESANGSLAAI
3 piesangs, fyngedruk
½ blik kondensmelk
½ pakkie suurlemoen jellie aangemaak volgens aanwysings, maar net die helfte vloeistof
bietjie suurlemoensap
Meng die kondensmelk, jellie en suurlemoensap en giet oor die piesangs.
Meng alles in ‘n bak en plaas in die yskas om te stol. Versier soos verkies.
Resep geplaas deur Hanlie Uys
Foto: Roni Van Der Walt






