

VARKBOUD MET SPEK EN KNOFFEL GESTOP
Dit was toe so maklik. Die bestanddele word na eie diskresie gebruik volgens smaak.
1 varkboud
repies spek
knoffel fyngedruk
heuning vir oor verf
Sous:
1 koppie water
1 ui, in skywe gesny
sout en peper na smaak
3 naeltjies
2 lourierblare
Steek gate oral oor in die boud en druk die spek (met die vetjie) en fyn knoffel in die gate.
Voeg die sous bestanddele in die stoompot se bodem. Plaas die boud bo-op die sous bestanddele, in stoompot en stoom vir 70 min. Verwyder die boud uit die stoompot en plaas in ‘n oondbak, giet die sous rondom die boud in die oondpan. Sprinkel klein bietjie sout en peper bo-op die boud en bak in die oond vir 45 min op 180°C.
Verf heuning met ‘n kwassie oor die boud, 10 minute voor die baktyd verstreke is.
Nota:
Ek sal dit volgende keer net 60 min in die stoompot plaas, as dit nie vir die sousie was nie, was dit amper bietjie droog.
Resep en foto: Estelle Toerien
One thought on “VARKBOUD MET SPEK EN KNOFFEL GESTOP”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.







geskuif