SJOKOLADE SWISSKOEK
1 ½ koppie koekmeel
1 ½ koppie strooisuiker
3 eetlepels kakao
Sif bogenoemde 3 x saam.
Skei 6 eiers – voeg die eiergele by die meelmengsel.
Klits die 6 eierwitte saam ‘n ¼ teelepel kremetart styf – hou dit eenkant.
Sit 2 teelepels bakpoeier by die meel en eiers en meng.
Meng ‘n ¼ koppie olie en driekwart koppie kokende water en meng dit by die meelmengsel
Vou die styfgeklopte eierwitte by die meelmengsel in.
Deel op in twee panne en bak vir 25 min tot gaar by 180 ºC
Laat goed afkoel.
Sny in eweredige dun skywe vir 4 lae
Klop genoeg Sjokolade Bakelsroom styf saam met bietjie versiersuiker om die room soet te maak.
Maak enige neute van jou keuse fyn en vou dit in by die room mengsel.
Smeer tussen elke koeklaag met die roommengsel en stapel tot koek klaar is.
Versier met wit sjokolade.
Geniet!
Foto: Esme Scheepers Van Wyk
Resep geplaas deur Esme Scheepers Van Wyk