

JELLIERING
Verskillende soorte/kleure jellie aangemaak met net die helfte van die water.
Sny jellie in blokkies. Plaas in ringvorm wat liggies bespuit is.
Los 24 g gelatien in 250 ml lou warm water op.
Meng/klits die volgende saam:
300 ml kondensmelk
300 ml dubbel room
15 ml vanilla geursel
Meng water met gelatien by.
Giet in ringvorm oor jellie blokkies en laat stol.
Keer uit op ‘n mooi bord.
BRON: Edie Janse van Rensburg
Foto: Hannetjie Snyman






