

HANNA SE VERSIERSEL WAT DIE HITTE DEURSTAAN
Probeer die een beter dan botter versiersel en jy sukkel nie in die hitte.
3 eierwitte
5 koppies versiersuiker
½ teelepel kremetart (cream of tartar)
Meng alles bymekaar en klits tot baie styf.
Jy kan ook kleursel gebruik as jy nie net wit wil hê nie.
Gebruik soos jy enige versiersel sal gebruik.
Sterkte, het ook gesukkel, ons bly in Die Noorde van Namibia en 42 grade so jy kan dink botter versiersel is uit.
Foto en resep: Hanna Grobler






