ROMERIGE SAGOPOEDING
1 blik kondensmelk
200 ml sago
250 ml room
250 ml melk
2 eiers, geskei
knippie sout
5 ml bakpoeier
kaneelsuiker
Kook sago, melk, sout en room saam tot deurskynend. Haal van stoof af en voeg die kondensmelk, bakpoeier en eiergele by en meng. Klits eierwitte tot styf en vou in by sagomengsel. Skep in gesmeerde oondbak en strooi kaneelsuiker oor. Bak teen 180 ºC tot net gestol. Moet nie langer as 15 minute bak nie anders maak dit nie daai heerlike sous onder nie en is dit te droog.
Resep geplaas deur Tessie Els Nel
Foto: Tessie Els Nel
Geskuif