

TESSIE SE HEERLIKE PEPERSOUS
Die heerlikste pepersous vir steak of enige ander gereg!!! Dit vries ook baie goed.
Pepersous
1 pakkie beesstertsop
250ml vars room
2 eetlepels SWART peper
250ml gerasperde kaas
Kook die sop met 2 en ‘n halwe koppie water tot baie dik. Voeg dan die room, peper en kaas by.
Kook oor lae hitte tot lekker dik.
Resep: Kokkedoor Tessie Els Kemp






