

MAKLIKE KOEKSTRUIF -TRIFLE
Maklikste trifle ooit en ‘n wenner met my gesin jaar in en jaar uit.
Ek sit hom aan mekaar vorige aand, maar volgende dag sit ek die room op en maak mooi.
Vir 4 mense. Jy kan vermeerder soos jy wil.
1 rolkoek (swiss roll), in skywe gesny
1 madeira brood
1 blik ingelegde vrugte kelkie met kersies
1 liter vla (long life werk ook)
3 verskillende kleure jellie, klaar aangemaak en gestol
Koffie liqueur of sherry of enige liqueur van jou keuse
1 houertjie room, vir bo op
Vars blou bessies en maraschino kersies
Pak jou bak eers uit met rolkoek.
Drip liqueur so oor almal.
Pak nou lae van jellie, vla, vrugte en gesnyde koek.
Bedrip elke laag koek.
Maak mooi met geklopte room en versier met bessies en kersies.
Resep en foto: Lee Esterhuizen







geskuif