

FRANCIS SE GEMMER LEMONADE
Ek het hierdie heerlike gemmer lemonade gemaak. Die resep is op die blad, maar ek het dit effens aangepas.
1 liter water
6 koppies suiker
1 groot stuk vars gemmer, geskil en in klein stukkies gesny
10 ml kremetart
10 ml sitroensuur
10 ml engelse sout
500 ml suurlemoensap
Kook alles behalwe suurlemoensap tot suiker opgelos is en laat prut vir nog 5 min.
Haal van stoof af en laat effens afkoel.
Voeg die suurlemoensap by en roer goed deur.
Laat staan vir ongeveer 1 uur.
Giet in gesteriliseerde glasbottels en laat yskoud word.
Klein stukkies van die gemmer kan saam in die bottels gesit word. ( die gemmer gee dit net nog ‘n lekkerder smaak)
Dit maak ongeveer 3 x 750 ml bottels vol.
As dit koud is, bedien dit met yskoue sodawater of gewone water. Ongeveer 10% stroop is vir my soet genoeg, maar meng na smaak en geniet ‘n yskoue drankie.
Foto: Francis Schoeman






