

GESTOPTE BRAAIBROODJIE
Meng genoeg botter en vars gekapte knoffelhuisies om ‘n brood lekker dik te smeer met knoffel en botter.
Ek het n klein ongesnyde brood by ons plaaslike supermark gekoop en dit in snye gesny van omtrent 10 tot 15mm dik maar net omtrent 2/3 deurgesny.
Stop dan die gemengde botter lekker dik tussen die snye in en prop dan agterna ook genoeg en lekker dik met gerasperde kaas ook in die gleuwe moenie skaam wees met die kaas nie.
Druk die brood lekler styf teenmekaar en draai toe in foelie.
Verhit dit stadig oppie kole sodat die botter en kaas lekker kan smelt en fuse.
Ons het dit geniet saam met lekker stadig gebraaide pork belly wat gedress was met sout en peper en ook suurlemoensap.
Foto: Gideon Louw






