DUITSE VARKBOUD
Ons het een jaar saam Duitse mense gekuier en hulle het vir ons ‘n varkboud gaar gemaak. So maklik, en jy kan nie ophou eet. In die weber natuurlik die lekkerste, anders in die oond.
Sny die hele boud regom vol blokkies deur die vel.
Sprinkel genoeg Aromat oor die boud, dit moet sommer geel wees en vryf dit behoorlik in. Stop die boud vol kersies, hierdie waarmee ons koek bak.
Sit dit in die oond tot gaar, 10 min voor jy dit uithaal, giet toe met goue stroop en sit dit vir die laaste 10 min terug in die oond. Onthou om dit vol blokkies te sny, regom die boud!! Glo my, jy gaan nie ophou eet nie.
Resep: Flipkotie Olivier