

ALLES IN EEN BROODJIE
½ blikkie tamatie en uie smoor
¼ van ‘n buisie Parmalat knoffel botter
1 klein fyngekerfde uie
2 teelepels “basil paste”
2 eetlepels botter
1 sakkie gekoopte witbrood deeg
600 g King polony, gerasper
400 g gerasperde Gouda kaas
Rol brood deeg uit. In die mikrogolf smelt die knoffel botter saam met die tamatie en uie smoor en die fyn uie. Neem dit dan en smeer oor die deeg. Strooi die polony en dan kaas oor die deeg, los net genoeg kaas om bo-oor broodjie te strooi. Rol deeg in rolkoek vorm.
Smelt die botter en “basil paste” in mikrogolf, smeer dit reg rondom die brood bo- en onderkant.
Sit brood in oond pan en strooi kaas bo-oor. Het broodjie vir so 40 min teen 180ºC in oond gesit.
Foto: Melissa Jansen






