

VARK EN SOETPATAT KERRIE
45 ml olyfolie
1 ui, fyngekap
30 ml vinkelsaad
30 ml rissievlokkies (ek het dit gelos)
45 ml geroosterde masala
20 ml borrie
2 lourierblare
2 x 410 ml blikke klappermelk (ek het net 1 gebruik)
1 x 410 ml geblik gekapte tamaties
12 ringe patat, skil nog aan
2 varkfilette (ek het varkskenkels gebruik)
‘n handvol koljander
sout en peper na smaak
Voorverhit die oond tot 180ºC.
Verhit olie in ‘n oondvaste swaarboomkastrol tot warm. Voeg die ui, vinkelsaad en rissievlokkies by en roerbraai vir 5 min.
Voeg die masala, borrie en loeurierblare by en roerbraai vir nog 5 minute.
Voeg die klappermelk en tamaties by en meng deur. Plaas die patat ringe en vleisskywe in die sous en sit die deksel op.
Bak 20-25 minute (ek het myne 1 uur lank gebak)
Roer vars koljander deur.
Geur met sout en peper.
Verdik sous indien nodig met maizena.
Foto: Benhet Nieuwenhuis






