

MAALVLEIS MET MIELIEPAP GEREG
Dit was Middagete vandag.
1 koppie mieliemeel
2 koppies water
1 teelepel sout
410 g blikkie suikermielies
1 ui, fyngekap
1 groen soetrissie, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyngekap
1 eetlepel olie
400 g maalvleis
sout, peper en aromat na smaak
1 teelepel maalvleis speserye
1 teelepel droë basil
1 eetlepel blatjang
410 g blikkie boerie relish
½ koppie gerasperde cheddarkaas
Voorverhit die oond tot 180°C.
Meng die mieliemeel, water, sout en mielies en kook vir 20 min.
Braai die uie, soetrissie en knoffel in die olie. Voeg die maalvleis by en braai tot bruin.
Voeg die sout, peper, aromat, kruie, blatjang en boerie relish by en prut vir 20 min tot vleis gaar is.
Skep die pap in ‘n oondvaste bak en skep die vleis bo-op.
Strooi die kaas oor en bak vir 30 min tot kaas bruin is.
Foto en resep: Sumi Muller







geskuif