LITCHI – LIETSJIE YSKASTERT
2 pakkies suurlemoenjellie
1 blikkie kondensmelk
1 blik ingelegte lietjies
1 eetlepel suurlemoen sap
400 ml kookwater
Kors:
1 pakkie mariebeskuities/tennisbeskuities
1 eetlepel margarien
Smelt margarine en meng met die fyn gedrukte beskuitjies. Druk vas in die bodem van ‘n tertbak.
Maak albei pakkies jellie aan in die kookwater.
Sny die lietjies in fyn stukkies en gooi saam met die vloeistof van die ingemaakte lietjies in by die jellie.
Meng die kondensmelk en suurlemoensap met die jellie.
Gooi die mengsel in die tertbak bo-oor die krummelkors.
Sit in die yskas en wag vir dit om te stol.
Resep geplaas: Naomi Nell