


SKUIMPOEDING
Resep geplaas deur Esmarie Kooij Viljoen
Foto’s: Francis Schoeman en Nicolette Papas
FOOD LOVERS RECIPES
1 blikkie koue Ideal melk
½ koppie suiker
1 eetlepel suurlemoensap
1 pakkie jellie
½ koppie kookwater
1 teelepel gelatien (opgelos saam met jellie)
kleursel, opsioneel
Giet jou blikkie koue Ideal melk (dit is belangrik – dit moet koud wees) in menger bak.
Klits die Ideal melk totdat dit begin skuimerig raak.
Voeg nou die suiker geleidelik by. (Die mengsel sal verdubbel)
Voeg die suurlemoensap geleidelik by.
Maak die jellie aan met die kookwater.
Voeg die jellie mengsel nou stadig by jou Idealmelk skuim.
(Jy kan kleursel byvoeg om die skuim donkerder te kleur)
Skep die skuim in afsonderlike opdien bakke. Plaas in yskas tot benodig.
Ekstra: Kan versier word met vars vrugte.
Kan ‘n kors maak van tennisbeskuitjies en gesmelte botter.

Het pynappel skuimpoeding gemaak deur 2 teelepels gelatien saam met ‘n pakkie pynappel jellie op te los en dan ‘n blikkie fyn pynappel waarvan meeste stoop af gegooi is, by die jellie gevoeg.
Foto: Nicolette Papas







geskuif
Francis Schoeman
Met lemoenjellie gemaak. Heerlik. Met niks versier, anders is dit nie meer n 6 bestandeel gereg nie, maar ek dink jy kan vrugte insit en ook n kors van vingerbeskuitjies. As n mens kunstig is kan jy toor daarmee