

LAMSRIBBETJIE
1 lamsribbetjie, opgesny in groterige stukke en gepak in ‘n oondvaste bak
2 eetlepels Worcester sous
1 teelepel sout
1 teelepel droe knoffelvlokkies
1 teelepel Italian herbs
2 eetlepels blatjang
1 eetlepel suurlemoensap
1 eetlepel suiker
1 teelepel chillieflakes
1 teelepel growwe gemaalde swartpeper
1 eetlepel sojasous
Meng alles saam behalwe die sout en skep dit oor die vleis wat in die bak gepak is en bedek met foelie.
Bak vir 1 1/2 uur op 160 º C.
Verwyder foelie en strooi die sout oor en bak vir nog ‘n halfuur met foelie op.
Braai dit op grill vir ‘n paar minute met die foelie af.
Was heerlik en sag.
Foto: Gideon Louw






