

VANILLA SUIKERVRYE ROOMYS
6 eiers, geskei
500 ml vars room
4 eetlepels xylitol
2 teelepels vanilla essens
Meng die eiergele en vanilla goed saam. Klop die room en xylitol tot styf. Klop die eierwitte tot styf. Vou die geklopte room in die eierwit. Vou die eiergele ook nou in. Skep in ‘n houer met ‘n deksel en vries (verkieslik oornag). Jy kan gekapte neute of sjokolade invou.
Resep en foto: Martie Rademan







geskuif
Martie Rademan
Dit proe so naby aan die regte roomys… is lekker romerig … ek wil nou ń melkskommel maak en dan is my lewe weer naby volmaak…