

RONEL SE BAKKERSVLA
Plaas 2 koppies melk en 1 koppie room in ‘n pot en klein bietjie sout bygevoeg.
Meng 1 koppie water met ½ koppie koekmeel en 1 eetlepel Maizina en 2 eiers.
Wanneer die melk en room kook voeg die meel en eier pasta by.
Voeg ‘n proppie vanilla essence en suiker na smaak by.
Laat kook totdat vla dik word.
Ek noem dit sommer bakkersvla, want jy kan dit loperig maak of so maak om op ‘n koek te smeer. Ek maak baie keer dit en smeer dit op puff pastry en pak dan vrugte bo-op en bak dit saam met vrugte. Dis baie lekker.
Resep en foto: Ronel Muller Thoma






