

DASSIE SE WORTELKOEK
250 ml olie
4 eiers
250 ml gekapte okkerneute
625 ml meel
5 ml bakpoeier
2 ml sout
500 ml suiker
500 ml fyn gerasperde wortels
1 blik “crushed” pynappel (432 g)
5 ml koeksoda
10 ml kaneel
Klits olie en suiker saam. Voeg eiers 1 vir 1 by en klits goed. Voeg wortels, pynappels met sous en neute by. Sif droë bestanddele saam en meng met nat bestanddele. Gooi in gesmeerde ringpan en bak by 180ºC vir 1 uur. (20 tot 30 min vir cupcakes)
VERSIERSEL:
115 ml margarien
1 bakkie maaskaas
500 ml gesifde versiersuiker
5 ml vanilla geursel
Meng saam, maar moenie te veel roer nie. Smeer oor koek.
Strooi gekapte neute oor.
Resep geplaas deur Dassie Meyer
Foto: Dassie Meyer






