

SAGOJELLIE
Die nagereg wat julle soek is baie gewild op basaars.
Kook en geniet se Sago jelly, ons maak dit baie jy kan die met enige kleur jellie maak, ons doen met rooi jellie.
2 ½ koppie water (625 ml)
1 pakkie jellie poeier
1 eetlepel sago (15 ml)
1 tot 2 eetlepels suiker (ongeveer 15-30 ml)
geklitste room en vars vrugte (opsioneel)
Voeg ½ koppie (125 ml) van die water by jellie en laat 5 min week.
Verhit dit dan oor kookwater en roer aanhoudend tot gesmelt, hou warm.
Kook res van water en voeg sago daar by, kook tot sago gaar en deurskynend is.
Versoet met suiker.
Haal nou jellie van stoof af en voeg sago daarby, laat effens afkoel.
Klits mengsel nou tot verdubbel in grote sowat 5-10 min.
Skep dit dan in vorm wat met koue water uitgespoel is en laat stol.
Gooi uit en versier met vars room en vars vrugte.
Resep geplaas deur Alta Gunter Van Dyk
Foto: Frances Smith – PS: ek het sommer gewone bak gebruik maar was titsel te groot.






