

OONDGEBAKTE LAMSRIBBETJIE
1 lamsribbetjie, oor die lengte deurgesaag met ander woorde twee lang stroke
1 groot ui, gekerf
2 eetlepel sojasous
3 eetlepel Worcestersous
1 teelepel chillie flakes
1 eetlepel garlic flakes
1/4 koppie Jimmy’s sous
1 teelepel sout
1 eetlepel bruin uiesoppoeier
1 teelepel growwe swart peper
Plaas die ribstroke in ‘n lang groot genoeg oondvaste bak.
Meng alles saam behalwe die sout en soppoeier en gooi dit oor die vleis.
Bedek die bak met foelie.
Plaas dit in die oond op 160ºC grade en bak vir twee ure.
Verwyder die foelie en verdik die sous met die eetlepel bruin uiesop poeier deur dit in te werk en in te roer met ‘n teelepel en strooi die sout oor en skep sommer van die sous wat in die bak is oor die vleis bedek en plaas in die oond vir nog ‘n driekwart uur.
Verwyder die foelie en grill vir ‘n paar minute.
Bedien saam met smash en druk ‘n holte in die smash en maak dit vol van die lekker sous.
Na twee ure in die oond kan jy ook as daar te veel vet in is van dit uitskep in ‘n bakkie en bere vir later gebruik soos om eiers in te bak.
Foto: Gideon Louw






