

WIT SJOKOLADE CREMORA TERT
Kors:
1 pak Mariebeskuitjies
2 eetlepels suiker
1 teelepel fyn kaneel
Meng alles in die voedselverwerker tot beskuitjies fyn is.
Smelt 125 g margarien/botter en voeg dit by die beskuitjie krummels. Meng goed en druk die klam krummels in die tertbord vas.
Bak vir 10 minute teen 180ºC.
Vulsel:
1 x 10 g-sakkie gelatien
30 ml water
250 g Cremora125 ml yswater
1 x 385 g blikke kondensmelk
125 ml suurlemoensap
5 ml vanillageursel
50 g witsjokolade, gesmelt
Sprinkel die gelatienpoeier oor die water en laat staan tot sponsagtig. Maak die Cremora aan met yswater en plaas in ‘n elektriese menger se bak. Voeg die kondensmelk by en klits by hoë spoed tot mengsel dik en romerig is, sowat 5 – 8 minute. Terwyl die menger klits, giet die suurlemoensap geleidelik by en hou aan klits tot mengsel dik en romerig is. Voeg die geursel en witsjokolade by. Smelt die geweekte gelatien ’n paar sekondes in die mikrogolfoond en voeg dit by die mengsel en meng goed deur. Skep die mengsel bo-op die kors en laat dit stol vir ongeveer 2 – 3 uur in yskas.
Stroop:
4 granadillas se pulp
1 pakkie perske jellie
1 ½ koppie water
Plaas die bestanddele vir die stroop in ‘n kastrol op die stoof en bring tot kookpunt. Kook die stroop goed deur en laat afkoel.
Skep ‘n paar lepels van die stroop bo-op die tert en versier met perske skywe.
Resep en foto: Petré van Jaarsveld







geskuif