

ONTBEEN ’N HOENDER – DEBONE A CHICKEN
Vat ’n houtplank en sit die heel hoender op sy maag daarop neer. Maak ’n reguit snit oor die rug, van die nek tot die stert.
Place chicken on its stomach on a wooden board. Make a cut straight over the back, from neck to tail.
Sny dan met kort hale die vleis aan weerskante reg rondom die karkas weg. Sny so naby as moontlik aan die ribbetjies en borsbeen, sodat jy soveel as moontlik vleis behou.
Cut the meat on the sides with short strokes from the carcass. Cut as close to the bone and ribs as you can to retain as much meat as possible.
Kerf die karkas van die onderste stuk vel af los (sonder om deur die vel te sny) en verwyder die karkas in geheel.
Cut the bottom of the carcass away from the skin (without cutting through the skin) and remove carcass in one piece.
Breek die dye se potjies, sny dan die senings rondom die gewrig reg in die rondte af, sny ‘n reguit snit al langs die dybeen af en stoot dan die vleis met jou vingerpunte of ‘n skerp messie van die been af sodat jy die been kan verwyder. Doen dieselfde met die boudjies.
Break the joints in the Maryland piece, then cut the tendons around each joint in the round. Cut straight down along the thigh bone and massage the meat away from the bone with your fingertips or a sharp knife, push out and cut attached pieces. Do the same with the drumsticks.
Sny die punte van die vlerkies af, maak ’n skoon snit tussen die twee beentjies in die vlerkie en werk dan die vleis met jou vingers van die beentjies af. Haal uit.
Cut off the tips of the wints, make a clean cut between the 2 bones and work the meat away from the bones. Remove.
Lê die ontbeende hoender met die velkant na onder neer, en vlek dan die filette sodat een helfte daarvan oor die oop kolle op die vel kan terug vou. TADA!
Lay the deboned chicken with the skin side down on the board, and press the fillets flat (cut if needed) so that one half covers the open space on the skin with meat. DONE!
Metode geplaas deur Kiti Citi
Method posted by Kiti Citi
Foto: screenshots van ‘n youtube video jare terug, beskrywings my eie. Kan ongelukkig nie die video link onthou nie anders het ek die persoon gekrediteer.






