

TOEBROODJIE KOEK ( Smörgåstårta) SANDWICH CAKE
Vulsel:
300 g gerookte salm
500 g shrimps
5 gekookte eiers
agurkies
ui
Dill
Créme fraiche
Mayonnaise
sout en peper
Sny al die bestanddele klein en meng met die créme fraiche en mayonnaise.
Versiersel:
Créme fraiche
Mayonnaise
Cream cheese
Meng al die bestanddele saam en sit in die yskas om bietjie te verkoel.
Jy behoort min of meer 2 brode te gebruik. Jy kan jou eie bak of jy kan kan net gewone bruin brood gebruik. Sny die korsies af. Ek het dit in 2 rye van 3 snye brood gepak. 4 snye brood hoog. Sodat ek die vulsel op drie lae kon smeer.
Pak ’n laag brood en smeer dan vulsel op.
Pak en smeer tot brood en vulsel klaar is. Sit in yskas.
Nou kom die lekker deel. Versier! Hier kan jy jou verbeelding vrye teëls gee.
Smeer die versiersel lekker dik op en reg rondom.
Ek het die volgende bestanddele gebruik om te versier. Maar jy kan enige iets gebruik wat jy wil.
gekookte eiers
gerookte salm
shrimps
suurlemoen
agurkies
komkommer
ruccola
cocktail tamaties
Jy kan hierdie ook met ham, kaas en ander koue vleise maak as jy nie vis wil gebruik nie.
Foto en resep: Nadia Thölix






