

HOENDERSLAAI VIR EEN PERSOON
2 hoenderborsies, sonder vel
12 komkommer skyfies, dun gesny
1 medium tamatie, in skywe gesny soos lemoenskyfies
4 blare blaarslaai, stukkend geskeur, nie gesny nie
1 swart sampioen
1 koppie gaar pasta
swartpeper en sout na smaak
stukkies Feta kaas
Sous:
1 eetlepel picalillie
1 eetlepel mayonaise
1 eetlepel chuney
Kook hoenderborsies met sout vir 15 minute tot gaar.
Kook pasta totdat dit gaar is, nie pap nie.
Braai die swart sampioene tot sag en sny in dun skywe.
Braai die hoenderborsies in bietjie olie tot ligbruin.
Meng al die bestanddele vir die sous saam.
Voer jou bord uit met slaaiblare en versprei die pasta egalig daaroor.
Pak nou die tamaties, komkommer en sampioen bo-op die pasta.
Sny die hoenderborsies in skyfies soos ‘n brood, maar hou dit bymekaar.
Plaas borsies bo-op alles en gooi bietjie swartpeper oor.
Gooi sous bo-oor die hoender en geniet.
Foto en resep deur Johan Snyder






