

MARY SE BREYANI
4 hoender filette, in repies gesny
1 koppie karringmelk
2 eetlepels breyani masala
2 koppies rys, halfgaar gekook
¾ koppie rou lensies, oornag in water geweek
3 uie, in ringetjies gesny
4 eetlepels gesoute botter
sout na smaak
1 paar draadjies saffraan
Karringmelk sous:
½ koppie karringmelk
knippie sout
2 eetlepels koljander, gekap
½ rooi brandrissie, fyngekap
Breyani:
Meng die karringmelk, breyani masala en gesnyde hoender in ‘n bakkie. Laat marineer vir 30 min. Braai uie in botter. Skep uit en hou eenkant. Voeg hoender en sous by die pot en braai tot gaar. Voeg uie, lensies en rys by. Sprinkel ‘n paar draadjies saffraan oor die rys en geur met sout. Bedek die pot, verlaag hitte en prut vir omtrent 20 minute. Haal van stoof af en laat staan vir nog 15 minute.
Sous:
Meng al die bestanddele vir sous saam. Bedien die breyani met die sous.
Resep en foto: Mary Strydom






